Waar sy debuut hoofsaaklik handel oor die verbrokkeling van ’n huwelik in Duitsland – sy “break-up album” – is Al is die maan ’n misverstand ’n tuiskoms, nie net op eie bodem nie, maar ook in ’n nuwe verhouding. Tog is Marais se poësie allermins geluksalig – verlorendheid is steeds die gevoel wat sy digterlike instink onderlê. Hier is praatverse, verse wat doelbewus ingeskryf is teen die gedrae en verhewe metriese trant wat tradisioneel die Afrikaanse poësie kenmerk. Soos die poësie van Raymond...
Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is ’n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die “roaring 40s” en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, ’n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings...
Hoe hou ’n mens kop in die 21ste-eeuse virtuele warboel? In hierdie versameling rubrieke, essays en heildronke tuur die bekroonde digter en joernalis Danie Marais diep in die braaivleisvuur van ’n waansinnige wêreld. En hy wonder met speelse erns en entoesiasme wat geword het van rock ’n’ roll en sy generasie X. Hy mik hoog, hy buk laag, en hy dink weer: oor boeke, oor flieks, oor Springsteen, Darth Vader, die Stones, die Simpsons, en oor randfigure – van die Anglo-Boereoorlog se agterryers tot...
Eugène Marais-prys (2007), Ingrid Jonker-prys (2007), Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2007). In die buitenste ruimte handel oor gedigte wat o.a. inspeel op ‘n verblyf in Duitsland en die mooi komiekstrip-buiteblad van Karlien de Villiers vang iets van die vervreemding van die gedigte op. Die titel speel eweneens in op Jacques Derrida, die dekontruksie-filosoof, se siening van teks: dat daar geen buite-teks bestaan nie en elke gedig van Danie Marais praat met ‘n bekende popliedjie,...