Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie. Maar dis moeilik om ’n lae profiel te handhaaf as jy saam met die arrogante en dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo moet werk – en boonop ’n huis met hom moet deel. Dokter Vito...
In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete . . .
In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak…
Dixie speel wedding planner, maar eintlik dink sy die huwelik is ’n siek grap. Mans is flippen useless. Selfs haar pa blowdry sy hare en verbeel hom hy speel in The Bold and the Beautiful. Dixie het gedink Kurt sal met haar trou as sy lank genoeg sy sokkies onder die bed uit grawe, maar vir “tot die dood ons skei” was hy toe so bang soos die duiwel vir ’n skoot yswater in die gesig. Nou is sy single en selibaat, en so sal dit bly. Swinging from the chandeliers is nie vir haar nie. Dis bedoel vir...
Maxie van der Merwe is van die lipstiek-en-stiletto-generasie. Sy was ’n Facebook-flerrie van formaat, en ’n groot feminis, maar toe ontmoet sy vir vervelige Gustav. En al is sy nie ’n domestic goddess se watsenaam nie, wil sy vreeslik graag trou, al vandat sy ontdek het daar is kinders wat ’n ma én ’n pa het. Want na ’n pa verlang sy met haar hele hart. Wanneer Maxie se politikus-ma haar New York toe pos saam met ’n spin doctor omdat Gustav, ’n rugbyskeidsregter, die hele land in die skande...
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy ’n nat lap aan die...
Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas − Dezi kon nie meer nie. Sy wou wég van al die slimmes en aansittery. Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reël. En wie is een van haar eerste stel kliënte? Niks minder nie as Mensa, die genieë-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy’s nou...
Jacki loer skelm na trourokke, maar sy’s nie desperaat nie, nooit! Wanneer sy en Pulani Facebook inspan om haar verloofde (en baas) Gary te ontbloot vir die flippen fake wat hy is, raak sake lelik. Nou sit Jacki sonder iemand om te cuddle, sonder ’n werk en sonder ’n bed. Tamatiestraat. Haar ma het kinders by dosyne en is te weird vir woorde, en haar broer wil Gary donner, maar dit gaan Jacki nie help nie. En die poste wat in die koerant geadverteer word, is nie geskik vir ’n meisie wat darem...
As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Dis net – vet feetjies kan nie vlieg nie . . . Met die familiefees wat vir haar voorlê, het Lucy ’n metgesel dringend nodig. Billy Bruwer van Media Uniek...
Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees. Sy dra way-out tweedehandse ontwerpersklere wat sy by liefdadigheidswinkels koop. Dis net dat ’n ander vrou se rok nie aldag so lekker aan haar lyf of in haar lewe pas nie. Want Zia bars uit haar nate op meer as een manier. Sy is nou eenmaal nie haar perfekte niggie nie, al hét sy ook ’n kêrel. Met ’n poegie. Karel is haar kêrel. Maar net op mooiweersdae. Toe Zia se onderwysloopbaan met ’n hengse knal in haar gesig...
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute...
Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net . . . Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik boonop oral op. In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe...